Noodlot – waar kom alles vandaan?

Опубликовано: 01 Июнь 2026
на канале: Coert Jordaan - Volle leerstellings
10
1

Ja ons moet kan vergewe. As ons nie kan vergewe nie kan God ons ook nie vergewe nie (Matt. 6:14/15). Jesus het vir ons kom leer hoe om op te tree teen ons vyande. Die Woord leer vir ons “Ons moet ons vyande liefhê soos onsself – seen dié wat jou vervloek en bid vir dié wat jou vervolg” Oorwin die kwaad met die goeie – met die liefde. Moenie aan n ander mens doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Moenie kwaad vir kwaad vergeld nie – moenie reg in eie hande neem nie. As jou vyand honger is – gee hom iets om te eet. As jou vyand dors is – gee hom iets om te drink, want deur dit te doen maak jy hom vuurrooi van skaamte. Hoekom? Hoekom het Jesus dit vir ons geleer? Want ons ware vyand is in gees - nie in vlees nie (Efes. 6:12)(2 Kor. 10:3-5).

Die satan kan ons geestelik aanval en die satan kan ons vleeslik deur mense aanval. Jy moet kan bid vir wysheid – jy moet kan bid vir onderskeiding van gees. Kyk deur God se oë na die wêreld – nie deur menslike oë nie. God het almal van ons geskape. Hy het ons as “beeld van God” geskape. Die antwoord op al ons probleme is baie maklik: Speel die rugby game – hou by die reels. Moenie die man speel nie – speel die bal. Die man is die skeppingswerk van God – die bal is satan en al sy bose magte. God is Gees – ons moet vir God in gees en in waarheid kan aanbid en dien. Sien die ware vyand vir wie hy werklik is. Hy kom net steel, slag en uitroei (Joh. 10:10). Dit is satan se karakter eienskappe. Hy was nog altyd n dief, n leuenaar en n moordenaar.

Moenie met jou broek op jou kniee gevang word nie. Eet vleis in jou geloof – moenie melk drink nie. Ons het soveel mag, krag en autoriteit met God se Heilige Gees binne ons – ons moet net die vyand op die regte manier baklei.

Geniet die leerstelling saam met my
Vriendelike groete en seen
Coert Jordaan
Shalom

By nuusberigte en skrywes:

  / ecer1jui4g8dqnja  

  / ms8ejasdqdokyjzj  

  / zyqigkn87pkpmbwc  

  / ltbzpnbx7jpcvwyt