KYK: Bull Run 2019!

Опубликовано: 02 Март 2026
на канале: Weg Ry & Sleep
13,856
30

Die jaarlikse Bull Run in die Noord-Kaap is Weg Ry & Sleep se grootste en gewildste byeenkoms, en vanjaar s’n was geen uitsondering nie.

Die vriendelike mense van Vanwyksvlei het aan die einde van die kort skoolvakansie weer nagenoeg 150 spanne en hulle ondersteuners van reg oor die land verwelkom vir ’n naweek van petrolkoppret.

Daar is met mening gespeel in die rygoed wat nie jonger as ’n 1980-model mag wees en nie meer as R25 000 kos nie. Op die Vrydag neem die spanne aan ’n tydren deel en die Saterdag bring hulle op die pan deur – en dis hier waar hulle behoorlik stof opskop. Hier is ’n klompie hoogtepunte van vanjaar se Bull Run.