DESMOND DENTON ontvang vele toekennings en benoemings vir verskeie filmproduksies. Hy is 'n gebore Kapenaar met Afrikaans wat ryk vloei in sy are.
Hy leef sy passie met aansteeklike energie, vol opwinding wat ander inspireer. Hy is 'n meester op sy gebied met produksies soos Anderkant die stilte en Spelonk. Hy gesels met gemak oor sy werk, maar ook oor dit wat vir hom saakmaak.
"Een mens kan nie alleen 'n film maak nie, daar is ander en hulle moet jy altyd in ag neem. Dit is hulle wat jou dra en saam met jou skep," vertel hy nederig.
Sy nuwe boek, Die Aarde Skeur, het so pas verskyn - nog 'n filmproduksie is in die oog. Die boek speel af teen die agtergrond van die Tulbagh-aardbewing van 1969.
Hy skuur skouers met die bekendes en beroemdes van Hollywood, was deel van Cannes se rooitapyt en het saam met groot name gewerk. Vir Desmond Denton gaan dit geensins oor roem nie, maar eerder watter storie kan jy vir mense bring wat anders is. "Suid Afrika beskik oor uitstekende talent."
Die Boekeman, Nico Schamrel, vra die vrae wat almal graag wil hoor.
Hierdie uitsending vorm deel van AllesAfrikaans wat oor verskeie radiostasies uitsaai.
WEBWERF: www.nskrywershuis.co.za | [email protected]
#nskrywershuis #allesafrikaans #dieboekeman #afrikaans