#NuweReeks : Onthou jy nog vir Tiaan van 7de Laan? In die splinternuwe geselsprogram #HierSitDieManne nooi Frank Rautenbach VIA-kykers tot binne-in sy man cave. Hy en sy gaste praat rugby, karre, visvang, jag, reis en beleggings – alles wat die manne na aan die hart lê. Terwyl Frank met gaste gesels in die man cave sal die TV- en radio-aanbieder Carla Mackenzie met verskillende rolspelers vanuit die sportwêreld gesels. Kyk saam vanaf 21 Junie, Woensdae om 17:30 met heruitsendings Saterdae om 17:30. 😎🙋♂️🏈
In samewerking met Toyota South Africa en Rust-Oleum South Africa.