Is jy gereed vir ’n paar lekker misdaad-misteries? Die oorsproklike Huisgenoot: Ware Lewensdramas is weer terug vir ’n negende seisoen. In dié reeks herleef ons dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die verhale wat die land laat gons het.
Vanaf 1 Mei, Maandae om 20:00 met heruitsendings Vrydae om 22:00 en weer Sondae om 20:30. 📺👥