In ons splinternuwe reeks #Outopsie kom ons agter die kap van die byl met die senior forensiese patoloog Hestelle van Staden. Elke week kyk Hestelle na sake waar forensiese patologie ’n groot rol gespeel het. Met die outopsieverslag in haar hand verduidelik Hestelle stap-vir-stap wat tydens die outopsie plaasgevind het. Kernrolspelers vertel ook eerstehands hul ervaring van die misdaadtoneel tot waar getuienis in die hof gelewer word. Elke saak is skokkend, uniek en met tye vreemder as fiksie.
Skakel elke Donderdag, vanaf 2 Junie om 20:00 in vir dié splinternuwe reeks.