Nuwe Reeks! | Kies die lewe | Maandae om

Опубликовано: 02 Май 2026
на канале: VIA
415
2

Kom leer dans in depressie met VIA dié September. In ’n splinternuwe geselsprogram praat Ivor Swartz, die aanbieder en skrywer van Kies die lewe oor sy pad met depressie. Hy gesels met allerlei mense oor hul reis met depressie, angs en dit wat daarmee gepaard gaan. Ons sien hoe bekendes soos Amanda Strydom, Amalia Uys, Antoinette Louw en ander nie-bekendes eerlike gesprekke oor depressie en ander geestesverwante siektes takel. Ons gesels oor die rimpeleffek van pyn ná egskeiding, trauma ná selfdood-verlies en miskraam, en selfs bipolêre depressie en liggaamsdismorfie.

Vanaf 5 September, Maandae om 18:30 met heruitsendings op Dinsdae om 17:00.